|

Apiesrivier-buurtwag trek verdagte tydens plaasroof vas

AfriForum se Apiesrivier-buurtwag het op 9 Oktober in samewerking met ander rolspelers een van drie gewapende mans tydens ’n plaasroof vasgetrek.

Omstreeks 06:00 Sondagoggend het drie gewapende mans ’n plaaswerker tydens ’n betalingstransakie oorrompel.

Een van die verdagtes het met die kontant en ’n gesteelde selfoon op die vlug geslaan. Danksy die vinnige optrede deur die Apiesrivier-buurtwag in samewerking met die Apiesrivier-Noord-gemeenskapspolisiëringforum (GPF) en die gemeenskap, kon hulle een van die verdagtes vastrek wat in ’n nabygeleë landery weggekruip het.

“Die Apiesrivier-buurtwag het traumabehandeling vir die slagoffers gereël. Dit is reeds keer op keer bewys hoe waardevol dit is wanneer ’n gemeenskap by hul plaaslike AfriForum-gemeenskapsveiligheidstrukture aansluit en met ander veiligheidstrukture saamwerk om hul gemeenskap te beveilig,” sê Sampie Steinberg distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit vandag nog aan deur ’n SMS met die woord “Apiesrivier” na 45340 (R1) te stuur.

Soortgelyke plasings