|

AfriForum se Groter Moot-tak knap stopstrate in Pierneefstraat op

AfriForum se Groter Moot-tak het hul verfprojek op 23 Augustus 2022 in Pierneefstraat begin en sal die volgende paar dae daar wees om die projek af te handel.

“Inwoners neem self vir die strate voor hulle huise verantwoordelikheid. Elke “STOP” wat ons verf is ’n uitroep: “Ons sal self!,” sê Andries Opperman’n buurtbeampte vir die Groter Moot-tak.

Baie dankie aan Die Moot-projek wat verf ter waarde van R9 165 geborg het. Die fondse is deur die inwoners wat in die omgewing van Pierneefstraat en 28ste Laan woon ingesamel. Ons bedank ook Crystal Paints wat die verf teen kosprys aan ons verskaf het.

“Gemeenskappe soos hierdie, wat eienaarskap neem van hul omgewing en hul probleme self oplos, is ’n voorbeeld van die pad vorentoe. Dit is vir my ’n eer dat óns tak die gemeenskap met klein dade soos dié kan ondersteun. Ons versoek die Moot-gemeenskap om aktief by die tak betrokke te raak – gewillige hande en ondersteuning maak projekte soos dié moontlik,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur ’n kort verifikasie op die gratis Telegram-boodskap-toepassing te doen op https://t.me/AfriForumBuurtBot, of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings