|

AfriForum se Groter Moot-tak knap strate op by Hoërskool Oos-Moot

AfriForum se Groter Moot-tak het vandeesweek hulle verf-projek om Hoërskool Oos-Moot voltooi.

Die tak se tuinspan het weereens gewys dat hulle hande vir niks verkeerd staan nie. Die tuinspan het tydens die projek 12 padmerkers geverf asook twee middelbaanlyne geverf in die omgewing van die hoërskool.

“Gemeenskappe soos hierdie wat eienaarskap neem en hul probleme self oplos is ’n voorbeeld vir die pad vorentoe. Dit is vir my ’n eer dat ons tak die gemeenskap met dade soos hierdie kan ondersteun. Ons versoek die Moot-gemeenskap om aktief by die tak betrokke te raak – gewillige hande en ondersteuning maak sulke bydraes moontlik,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Noord area.

“Ons wil ook graag dankie sê aan ATW Construction wat 10 liter verf geborg het en Crystal Paints wat ook benodighede teen kosprys aan ons beskikbaar gestel het,” voeg Steinberg by.

“Dit is wonderlik om die mooi netjiese strepe te sien wat nou duidelik sigbaar is. Ons is trots om op so manier te kan help om die leerders veilig te hou wanneer hulle na en van die skool beweeg deur die dag. Dit sou egter nie moontlik gewees het sonder die gemeenskap wat dit moontlik maak nie,” sê Andries Opperman, buurtbeampte van AfriForum se Groter Moot-tak.

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur op die gratis Telegram-boodskap-toepassing ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings