|

AfriForum se Laeveld-takke ontvang 16 ton teer

AfriForum se Laeveld-takke het die afgelope week 653 sakke teer ontvang as deel van ’n grootskaalse projek om slaggate die hoof te bied.

Dit is in totaal 16 ton teer wat beteken dat AfriForum se Laeveld-takke ’n reuseverskil in verskeie dorpe kan aanbring. Die sakke teer is soos volg onder die takke versprei:

  • Nelspruit-tak 295 sakke
  • Witrivier-tak 130 sakke
  • Lydenburg-tak 98 sakke
  • Machadodorp-tak 130 sakke

“Dit is duidelik dat swak munisipale bestuur en onkundigheid ook in die Laeveld ’n negatiewe invloed op die toestand van ons paaie het. Slaggate in ons dorpe veroorsaak baie skade aan die gemeenskap se voertuie en kan tot ernstige ongelukke en selfs lewensverliese lei. As gevolg hiervan het ons die teer aangekoop, want AfriForum dra die gemeenskap se belange op die hart,” se Hugo de Beer, voorsitter vir AfriForum se Nelspruit-tak.

“Die Laeveld is een van ons grootste toerismebestemmings in Suid-Afrika en dit is totaal en al onaanvaarbaar dat ons paaie so sleg lyk, ons dorpe is ons trots en daarom sal AfriForum aanhou om projekte soos hierdie te bestuur aangesien dit ’n direkte en positiewe invloed op die plaaslike gemeenskappe en ekonomie het,” sê Arlo Van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder, vir die Laeveld.

AfriForum se Laeveld-takke nooi graag lede van die publiek uit om deel van die projek te word om sodoende die veiligheid van motoriste op die pad te verseker.

Soortgelyke plasings