|

AfriForum se Heidelberg-buurtwag hou bewusmakingsaksie by Laerskool Volkskool

AfriForum se Heidelberg-buurtwag het op 10 Junie 2022 ’n veiligheidsbewusmakingsaksie gehou by Laerskool Volkskool. Dié aksie het gevolg ná ’n geval waar een van die leerders amper ontvoer is.

Die leerders is opnuut geleer om nie saam met vreemde mense te ry nie en eerder saam met ’n onderwyser by die skoolhek moet wag tot hul ouers opdaag. Verder het die buurtwag ook ’n paar basiese tegnieke gewys wat die leerders kan gebruik wanneer iemand hulle wil gryp. Die buurtwag het ook ’n opgeleide hond gebruik in hulle demonstrasie en die leerders het entoesiasties deelgeneem aan die aanbieding.

“Dit is belangrik dat ons kinders bewus is van die gevare in ons omgewing en dat ons hulle weerbaar moet maak teen misdaad. Gemeenskappe moet saam werk om ons kinders te beskerm en dit is waarom ons hierdie dag gereël het,” sê Shalto Schoeman, buurtwagleier by die AfriForum-tak in Heidelberg.

Die tak bedank graag die meer as 35 AfriForum-buurtwaglede, die SAPD, Paramedici Heidelberg Volunteer Medics and First Responders,  Crime Stop Security, Fidelity Sekuriteit, EMIS Sekuriteit, SGS, Ravin Combat en die honde Ella en Lyla, vir hulle hulp met die aksie.

Soortgelyke plasings