|

AfriForum se Helderbergkom-tak plant bome

AfriForum se Helderbergkom-tak het op 23 September 20 bome in die Helderberg-omgewing geplant.

“Die Primêre Skool Gordonsbaai, die Temperance Town Primêre Skool en Somerset West Primêr, sowel as die plaaslike polisiekantoor, het ’n behoefte aan koeltebome gehad. Nadat die versoek oorweeg is, het die Helderbergkom-tak op koorsbome (Vachellia xanthophloea) besluit. Dié bome is saam met leerders, onderwysers en SAPD-lede geplant,” sê Deon Goosen, plaaslikeregeringsbeampte van die Helderbergkom-tak.

“Om ’n boom te plant, is ’n geloofsdaad. Wanneer jy ’n boom plant, weet jy dat jyself nie die skaduwee van die boom gaan geniet nie, maar jy glo dat jou kinders en kleinkinders wel sal,” sluit Goosen af.

Die Helderberg-gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Helderberg” na 45350 (R1) om vandag aan te sluit.

Soortgelyke plasings