|

AfriForum se Krugersdorp-tak pas druk toe op munisipaliteit oor Bob van Reenen-sportstadion

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het vandag weer ’n skrywe gerig aan die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit gerig om die Bob van Reenen-sportstadion te heropen. Dit volg ná AfriForum reeds vroeër vanjaar ’n skrywe aan dié munisipaliteit gerig het met dieselfde versoek.

Hoewel die heropening van dié sportstadion ’n brandpunt in die gemeenskap is blyk dit dat die munisipaliteit in geen haas is om iets daaraan te doen nie. Skrywes is al deur AfriForum en ander instansies gerig en Martin Lombard, AfriForum se takvoorsitter in Krugersdorp, het ook al op publieke forums die munisipaliteit gevra om ’n antwoord te gee. Ander organisasies en politieke partye het ook hulle steun agter AfriForum gesit om die Bob van Reenen-sportstadion weer oop te kry. Die munisipaliteit is ook vandag tydens ’n vergadering versoek om met alle rolspelers in gesprek te tree sodat die beste weg gebaan kan word.

“AfriForum sal aanhou druk toepas om toe te sien dat hierdie sportstadion nie ’n wit olifant bly nie, maar aangewend kan word om die gemeenskap te bevorder,” sluit Lombard af.

Soortgelyke plasings