| |

AfriForum se Krugersdorp-tak reorganiseer

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Krugersdorp-tak het op 4 April hul bestuur gereorganiseer.

Gemeenskapslede kon hul nominasies vir die nuwe bestuurslede vooraf elektronies indien. Die stemproses het elektronies en gedurende ’n vergadering by Heritage Lodge in Krugersdorp plaasgevind.

Die nuwe bestuur bestaan uit Lourens Maritz (voorsitter), Sakkie van den Berg (ondervoorsitter), Pieter Joubert (tesourier), Natasha van Blerk (administrasie), Hennie Victor (buurtwagleier), Jurrie van Niekerk (plaaslikeregeringsake), Jackie Cuthbert (omgewingsake), Martie Gouws (bemarking), Conrad van Blerk (projekte) en Karla van Blerk (jeug).

Stephanus Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand, bedank die gemeenskap vir hul deelname aan die proses om die Krugersdorp-tak te reorganiseer. Hy bedank ook die nuwe bestuurslede vir hul bereidwilligheid om die tak te verteenwoordig. “Die nuutverkose bestuur is almal sterk gemeenskapsleiers wat die tak tot nuwe hoogtes sal neem. Ek is vol vertroue dat die tak ’n groot verskil in hul gemeenskap sal maak,” sluit Blignault af.

Soortgelyke plasings