AfriForum se Lichtenburg-tak stig loodskomitee


AfriForum se tak in Lichtenburg het onlangs ’n reorganiseringsvergadering gehou, maar het besluit om vir eers slegs ’n loodskomitee aan te wys wat daarvoor verantwoordelik sal wees om projekte op die dorp aan te pak en sodoende nuwe lede vir dié tak te werf.
Ian Bezuidenhout is as voorsitter van die loodskomitee verkies; Steyn Kearney as ondervoorsitter; Maria Pottas as sekretaris; en Willy Kearney as tesourier.
Bezuidenhout sê dat hy en die komitee baie daarna uitsien om hard te werk om aan die Lichtenburg-gemeenskap ’n vry, veilige en voorspoedige omgewing te bied. Hy noem ook dat dié tak daarop toegespits sal wees om swak munisipale dienslewering aan te spreek en om gemeenskapsgedrewe projekte te dryf.
Kearney voeg by dat die gemeenskap se betrokkenheid hoog op prys gestel gaan word, omdat elke hand wat help die werk ligter maak en tot voordeel van die hele dorp strek. Hy vra daarom dat lede van die gemeenskap by opkomende projekte soos sowel boomplantmaand as die Ons Dorp-veldtog betrokke sal raak (meer inligting sal volg).
Om betrokke te raak, SMS “Lichtenburg” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings