|

AfriForum se Messina-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwag in Musina het op 14 April aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Hierdie buurtwag het hande met die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander veiligheidsinstansies gevat om ’n goeie samewerkingsverhouding daar te stel. Die patrollie het omstreeks 18:00 die middag begin en tot 06:00 die volgende oggend geduur. Dit het deel gevorm van die landswye aksie om sigbaarheid in die buurtwagte se onderskeie areas te verhoog en om kommunikasienetwerke en sinkronisasie in te oefen.

Tien lede van die AfriForum-buurtwag het deelgeneem en vyf voertuie het 260 km in die tyd afgelê.

Die doelwit was om sigbaarheid en mobilisering te verskerp en te implementeer. Die lede het hul AfriForum  voertuigmagnete en kolligte gebruik om sigbaarheid te verhoog. AfriForum se nasionale radionetwerk het dit vir die noordstreekbuurtwagte moontlik gemaak om met die beheerkamer in Gauteng in kontak te bly en enige insidente te rapporteer. Die buurtwaglede kon ook deur middel van ’n operasionele Telegram-groep die presiese ligging sien van ander buurtwaglede wat deelgeneem het.

“Ons bedank elke lid wat aan die nasionale patrollie deelgeneem het. Dit is duidelik dat AfriForum ’n groot groep mense kan mobiliseer wat nog vir hulle gemeenskap se veiligheid omgee. As ons self kan optree in die raamwerk van die wet, kan ons eienaarskap neem van ons eie veiligheid in, en om ons buurte,” sê Cee-J van der Walt, distrikskoördineerder vir die Soutpansberg.

Klik hier om by AfriForum se buurtwagte betrokke te raak.

Soortgelyke plasings