| |

AFRIFORUM SE MIDDELBURG-BUURTWAG NEEM DEEL AAN PATROLLIE SAAM MET SAPD

Die AfriForum-buurtwag in Middelburg het op 2 Februarie 2021 in samewerking met die SAPD aan ’n operasie in dié dorp deelgeneem. Altesaam 13 buurtwaglede en 15 polisielede het deelgeneem en verskeie mense is in hegtenis geneem.

Sommige van die inhegtenisnames sluit in die versuim om aan die aandklokreël te voldoen en ’n koperkabeldief wat vasgetrek is.

“Die AfriForum-buurtwag in Middelburg sal voortgaan om saam met die polisie te werk om misdaad hok te slaan en inwoners se veiligheid te verseker,” sê Wayne Hill, voorsitter van AfriForum se Middelburg-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se Middelburg-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings