AfriForum se Middelburg-tak loods fase twee van skoonmaakaksie


Die AfriForum-tak in Middelburg het verlede week fase twee van sy skoonmaakprojek geloods. Tydens die projek is meer as 50 swartsakke se vullis in Sasol-, Protea- en Hoogstraat verwyder.

“Die netheid van ons dorp is voordelig vir die hele gemeenskap. AfriForum sal voortgaan om ander probleemareas in die dorp met soortgelyke selfdoenaksies te takel,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“AfriForum se Middelburg-tak wil tot ’n beter, skoner gemeenskap bydra. Ons doen daarom ’n beroep op inwoners om by ons plaaslike tak en buurtwag betrokke te raak om sodoende te verseker dat ons meer suksesse bereik. Vir verdere inligting kontak gerus ons noodnommer by 076 634 6780,” voeg Johan de Beer, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak, by.

Sluit by AfriForum se Middelburg-tak aan: SMS “Vullis” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings