| |

AfriForum se Middelburg-tak skenk yskas aan ouetehuis

Die AfriForum-tak in Middelburg het ’n nuwe yskas aan die SAVF-tehuis vir bejaardes in dié dorp geskenk.

Hierdie skenking is gemaak nadat een van die ouetehuis se yskaste onherstelbaar gebreek het. Die inwoners se medikasie word in dié yskas gehou.

Tehuise kry tans baie swaar weens die swak ekonomie en die hoë kostes daaraan verbonde om mense voltyds te versorg, daarom is AfriForum om hulp genader.

“Hierdie yskas verrig ’n belangrike taak vir die tehuis en ons is dankbaar dat ons die geleentheid gegee is om te kan help,”  sê Vic Boshoff, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Sluit vandag nog aan by hierdie AfriForum-tak: SMS “Middelburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings