|

Wakker AfriForum-buurtwag-lid keer twee inbrekers aan

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kaapstad-Noord-buurtwag het op Donderdag 17 November deur die flinke optrede van Yolanda Fritz twee inbrekers gearresteer.

Fritz, ’n lid van die Kaapstad-Noord-buurtwag, het patrollie gery in haar buurt tussen 11:00 en 13:00 toe sy ’n oproep van ’n inbraak omstreeks 11:12 van die buurtwag ontvang het.

Fritz was nie ver weg nie en was eerste op die toneel, sy is meegedeel dat daar, terwyl die eienaar tuis was, ’n inbraak by die woning was. Die twee inbrekers is met ’n handsak, beursie met kaarte en ’n selfoon weg. Fritz het die SAPD gekontak asook die sekuriteitsfirma, albei was binne minute op die toneel.

Die SAPD het die huis ingegaan en die toneel oorgeneem terwyl Frits die area aan die buitekant verken het. Fritz het naby die N1-hoofweg ’n ongewone beweging in die bosse gewaar en die polisie daarvan in kennis gestel. Ondersoek is ingestel, waarna die polisie op die twee verdagtes afgekom het en hulle gearresteer het.

Die polisie het van die gesteelde items in die verdagtes se besit gevind asook twee mobiele kaartmasjiene waarmee hulle met gesteelde kaarte mense se bankrekeninge leeg trek.

“Danksy hierdie wakker optrede is groot sukses behaal. Dit is net weer ’n bewys van hoe belangrik dit is om patrollies in jou buurt te ry. Buurtwagte soos dié behaal groot sukses, en kan daagliks die soort wakker optrede in suksesse lys. Die tyd van die jaar, nader aan Kerstyd, vier misdaad soos inbrake en rooftogte hoogty. ’n Mens moet ekstra paraatheid aan die dag lê,” sê Johan Crous, distrikskoördineerder vir die Boland. 

Ons moedig mense aan om by hulle buurtwagte betrokke te raak. SMS “Boland” na 45350 (R1) om vandag aan te sluit.

Soortgelyke plasings