|

AfriForum se Moreletapark-tak skenk asblikke aan Moreletapark Natuurreservaat

AfriForum se Moreleta Park-tak het op 28 April 2022 ses asblikke aan die Moreletapark Natuurreservaat geskenk. AfriForum neem jaarliks deel aan Wêreld Vleilanddag en het talle kere reeds die Moreletapark Natuurreservaat skoongemaak.

Tydens die tak se skoonmaakaksie het dit duidelik geword dat die natuurreservaat ’n tekort het aan asblikke. Dit is belangrik dat natuurreservate skoon bly en daarom het die tak besluit om ses asblikke aan die natuurreservaat te skenk.

“Die gemeenskap is verantwoordelik daarvoor om ons vleilande te bewaar en sodoende te verseker dat ons noodsaaklike ekosisteme optimaal funksioneer. Meer as 50% van Suid-Afrika se vleilande is reeds vernietig of toon agteruitgang. Ons glo en vertrou dat hierdie asblikke ’n verskil in die natuurskoon van die Moreletapark Natuurreservaat sal maak,” sê Sampie Steinberg AfriForum se distrikskoördineerder groter Pretoria-Noord.

AfriForum se Moreletapark-tak beoog om ander natuurreservate in hulle area te nader en te hoor of die tak hulle ook kan bystaan met ’n soortgelyke projek.

Sluit aan by die Moreletapark-tak om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak.  SMS “Moreletapark” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings