|

AfriForum se Centurion-tak bou voort in April

Die AfriForum-tak in Centurion het gedurende April hard gewerk om elke week ’n verskil te maak in dié omgewing.

Die AfriForum-tak se tuinspan het vyf parke skoongemaak, twee van hierdie parke vorm deel van die neem-’n-park-aan-projek en nóg twee word gebruik vir die Wally Hayward-padwedloop wat op 2 Mei plaasvind.

“Die span van AfriForum se Centurion-tak doen belangrike werk in die omgewing veral met die hoeveelheid uitdagings wat gereeld aanklop. Dit is werklik verblydend om te weet dat elke AfriForum-lid se bydra die fondasie van hierdie suksesse is,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Suid.

Ungerer sluit af deur die gemeenskap aan te moedig om betrokke te raak om die Centurion gemeenskap op te bou vir ‘n beter helder toekoms.  

 Raak vandag by hierdie AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur na centurion@afriforumtak.co.za

Soortgelyke plasings