|

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem deel aan Nasionale patrollie

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte het op 19 April aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem om sigbaarheid te verhoog.

Buurt- en plaaswagte van Argent, Chrissiesmeer, Delmas, Ermelo, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Mbombela, Secunda en Standerton het aan die inisiatief deelgeneem. Daar is onder meer gefokus op patrollies, verbetering van kommunikasie en ook die opskerp van gebeurlikheidsbeplanning. Een van die buurtwagte het ook ’n inoefening gedoen waar daar op ’n verskeidenheid van situasies gefokus is.

Minstens 121 buurtwaglede het meer as 3 100 km in 94 voertuie afgelê tydens die patrollie. Die buurtwagte het ook 10 voorvalle hanteer, waarvan die meeste motorongelukke ingesluit het. Geen ernstige misdade is gedurende die aand gerapporteer nie.

“Buurtwagte moet met gereelde inoefening en aktiwiteite hulself opskerp en verbeter. Inisiatiewe soos dié help daarmee en verbeter ook samewerking tussen alle rolspelers,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga.

Inwoners word versoek om AfriForum in die Mpumalanga-omgewing te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings