| |

Ellisras-tak help om brand te blus

Die AfriForum-tak in Ellisras het op Maandag 3 Julie reageer op ’n noodoproep om by die asgate en perdekamp buite Ellisras te help om vure te blus.

Die tak het om 19:30 na die toneel gehaas, gewapen met hul brandbestrydingswaterkar. Die plaaslike brandweer en werknemers van Exxaro het ook gehelp om die brand onder beheer te kry. Teen middernag was al die vure geblus.

“Dit skep ’n gevoel van oorwinning as plaaslike besighede soos die myn en AfriForum kan hande vat om te verhoed dat situasies soos hierdie eskaleer. Die vuur sou groot verwoesting saai, maar danksy die vinnige optrede van beide partye en die feit dat AfriForum hulle eie brandbestrydingstoerusting het, kon hulle ’n groot krisis vermy,” sê Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Soutpansberg.

Soortgelyke plasings