|

AfriForum se Naboomspruit-tak maak vullis skoon

Die AfriForum-tak in Mookgophong het op 11 September 2021 die vullis op die oop stuk grond oorkant Waltkon Vleis in die dorp skoongemaak.

Kobus van Loggerenberg, buurtwagleier van AfriForum se Naboomspruit-tak, het dié projek van stapel gestuur en hoop dat dit die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit sal aanspoor om hierdie basiese diens aan inwoners te lewer.

Die tak en buurtwag wil graag sakemanne soos André Joubert en Gerhardus Brits bedank vir die gratis beskikbaarstelling van die laaimasjien en trok om die rommel mee te verwyder.

“Ons wil met projekte soos dié ’n verskil in die dorp maak om ’n veilige omgewing vir inwoners te skep,” sê Lucas Bornman, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak.

Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, wil inwoners graag aanmoedig om by die tak se projekte betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak. Raak vandag nog by AfriForum se Naboomspruit-tak betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings