|

AfriForum se Nelspruit-buurtwag hou sigbaarheidspatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Nelspruit het op 21 Januarie 2022 ’n sigbaarheidspatrollie gehou om misdadigers die gebied te ontsê. Die buurtwaglede het tydens die patrollie op die volgende woonbuurte gefokus: Steiltes, Bateleur en Uitbreiding 5.

Geen verdagte aktiwiteite is waargeneem nie en dit dui as ’n teken dat gereelde patrollies en sigbaarheidsaksies misdadigers in die gebied ontmoedig.

Die patrollie was ook ’n goeie geleentheid vir nuwe lede om mekaar te leer ken.

“Ons wil die misdaadvlakke in Nelspruit verlaag deur gereeld te patrolleer. Dit is vir ons ’n voorreg om ons gemeenskap ook op hierdie manier te kan dien. Ons sal daarom aanhou met gereelde patrollies en die monitering van woonbuurte,” sê Devon McCullough, leier van AfriForum se Nelspruit-buurtwag.

AfriForum se Nelspruit-tak nooi lede van die publiek uit om betrokke te raak by die plaaslike buurtwag: SMS “Nelspruit” na 45340 (R1). 

Soortgelyke plasings