|

AfriForum se Nelspruit-tak help Liznica House of Hope met skenking

Die AfriForum-tak in Nelspruit het die afgelope maand Liznica House of Hope, ’n tehuis vir minder bevoorregte babas met verskeie benodighede ondersteun. Dit vorm deel van ’n projek wat hierdie tak geloods het om doeke en basiese benodighede aan instansies te verskaf wat nie die nodige fondse het om die voorrade self aan te koop nie.

Liznica House of Hope sien om na babas wat geen ander heenkome of tuiste het nie. Dit is juis om hierdie rede dat die Nelspruit-tak besluit het om die tehuis te ondersteun aangesien bababenodighede ontsettend duur is om aan te koop.

“Dit is vir ons ’n voorreg om Liznica te ondersteun, aangesien die koste van doeke en basiese benodighede die laaste tyd skerp gestyg het. Ons is hier om ons gemeenskap by te staan en is trots om ook hierdie projek te kon loods,” se Angelene Fourie, ’n lid van AfriForum se Nelspruit-tak.

Hierdie tak nooi lede van die publiek uit om by dié plaaslike projek betrokke te raak om sodoende ’n verskil in ons gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings