|

AfriForum betreur die afsterwe van prins Mangosuthu Buthelezi

AfriForum het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van prins Mangosuthu Buthelezi, Inkosi van die Buthelezi- tradisionele gemeenskap en eerste minister van die Zoeloe-koninkryk en -volk.

“Ons bid dat die Here die Buthelezi- koninklike familie, die Buthelezi- tradisionele gemeenskap, die Zoeloe- koninklike familie en die Zoeloe-volk in hierdie moeilike tyd sal vertroos. Ons sal prins Buthelezi onthou vir sy integriteit en toewyding om vreedsame oplossings te vind vir die komplekse naasbestaanvraagstuk waarmee kultuurgemeenskappe hier aan die suidpunt van Afrika te kampe het,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

“Prins Buthelezi, ’n kleinseun van koning Dinuzulu KaCetshwayo, het deur sy optrede die trotse nalatenskap van sy voorouers geëer. Hy het in die belang van sy kultuurgemeenskap opgetree en terselfdertyd daarna gestreef om die histories goeie verhoudinge wat tussen die Zoeloes en Afrikaners bestaan, te handhaaf,” sê Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum.

  • Foto: Prins Mangosuthu Buthelezi deur Rajesh Jantilal/AFP

Soortgelyke plasings