|

Ermelo- en Chrissiesmeer-buurtwag ontvang brandbestrydingseenhede

AfriForum se Ermelo- en Chrissiesmeer-buurtwag het op 22 Augustus elk ’n 600 liter-hoëdruk-brandbestrydingseenheid aangeskaf. Dit is deur Hoëveld Toerusting in Bethal vervaardig en die buurtwagte sal daarmee brande in en om Ermelo en Chrissiesmeer bestry met die hulp van die boeregemeenskap en die Msukaligwa-brandweer in Ermelo.

Chrissiesmeer is veral kwesbaar vir brande omdat die naaste brandweerstasie in Ermelo is. Die brandgevaar word vererger deur verskeie oop grasvlaktes. Hierdie brandbestrydingseenhede sal buurtwaglede in staat stel om brande te bestry totdat ander hulp opdaag.

“Ons is dankbaar dat ons met hierdie eenhede ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap kan maak en hoop om ons kapasiteit nog verder uit te brei,” sê Jaco van der Merwe, voorsitter van AfriForum se Ermelo-tak.

Klik hier en raak vandag nog by een van dié buurtwagte betrokke.

Soortgelyke plasings