AfriForum se Nuwerus-plaaswag ontvang veiligheidstoerusting


AfriForum se Nuwerus-plaaswag het op 13 September 2018 veiligheidstoerusting ontvang. Dit volg nadat die plaaslike Matzikama-tak dié behoefte weens ’n toename in misdaad in die omgewing geïdentifiseer het. Die toerusting sluit spreiligte, voertuigmagnete, voertuigtralie­borde, glimbaadjies en plaaswagidentiteitskaarte in.

“Veiligheidstoerusting is van onskatbare waarde vir enige veiligheidstruktuur. Die Nuwerus-plaaswag kan hiermee daadwerklik tot die bekamping van misdaad in dié gebied bydra. Die plaaswag verwelkom ook samewerking met ander veiligheidstrukture in Nuwerus en omliggende gebiede,” sê Wilco Engelbrecht, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Matzikama-tak.
“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by die plaaslike tak en plaaswagte wat deel vorm van die tak se strukture. Hoe meer mense, hoe groter is die verskil wat ons kan maak,” sluit Engelbrecht af.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Plaaswag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings