|

AfriForum se Overstrand-tak reorganiseer

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Overstrand-tak in het op 22 November 2021 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer is.

Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Verskeie bekommernisse oor die gebied is ook tydens die reorganiseringsvergadering bespreek en die bestuur gaan aandag aan hierdie probleme skenk.

Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Janita van Niekerk (voorsitter), Fanie Coetzee (ondervoorsitter), Gerrit de Wet (tesourier), Caroline Smit (sekretaris), Lourens Theron (gemeenskapsveiligheid), Hugo Hanekom (plaaslikeregeringsake), Anton Kruger (omgewingsake), Philip-Ben Kotze (jeug), Hennie Steenkamp (bemarking) en Dolf Venter (projekte).

Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, het die gemeenskap bedank vir hul insette tydens die reorganisasie, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die gevoel oor die nuutverkose bestuur is baie positief en ek glo dat die tak oor die nodige leierskap beskik om na die gemeenskap se belange om te sien.”

“AfriForum het die Overstrand-tak gereorganiseer om die probleme wat inwoners ervaar uit die weg te ruim. Die nuwe takbestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur en sodoende ’n beter omgewing vir almal te verseker,” sluit Van Heerden af.

Die takbestuur moedig die gemeenskap aan om vandag nog by dié tak betrokke te raak en deel van die oplossing te word: SMS “Overstrand” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings