Groot pryse vir jong kunstenaars te wen by Skolekuns-kompetisie

AfriForum bied vanjaar in samewerking met AfriForum Sakenetwerk die Skolekuns-kompetisie by die Prag en Praal Kunskraal by AfriForum Teater aan.

Hierdie kompetisie het ten doel om skoliere aan te moedig om hulle talente te ontwikkel en om diegene wat met hulle talente woeker te beloon. Kunstenaars is entrepreneurs in eie reg daarom hoop AfriForum en AfriForum Sakenetwerk om met hierdie kompetisie kinders aan te moedig om hulself uit te leef in die kunste. 

Die Prag en Praal Kunskraal is deel van AfriForum se gemeenskapsteater en enige kunswerk is welkom sonder ’n vooraf goedkeuringsproses.  

Inskrywings is oop tot 16 November 2021 en die openingsdag is 25 November 2021.

Die tema is “Hoop” – Is jy ’n draer van hoop? Skep jy hoop? Het jy hoop? Waarvoor hoop jy? Vertel ons deur jou kunswerk wat hoop vir jou beteken. Deelnemers kan hul gunstelingmedium gebruik.

Die kompetisie is oop vir kinders in Suid-Afrika en Namibië wat tussen ses en 18 jaar oud is.

Daar is vier kategorieë:

6 tot 8 jaar oud

9 tot 11 jaar oud

12 tot 14 jaar oud

15 tot 18 jaar oud

Pryse op die spel:

6 tot 8 jaar: Eerste plek R4 000, tweede plek R2 000

9 tot 11 jaar: Eerste plek R6 000, tweede plek R3 000

12 tot 14 jaar: Eerste plek R8 000, tweede plek R5 000

15 tot 18 jaar: Eerste plek R10 000, tweede plek R7 000

Meer inligting is hiér beskikbaar: https://www.afriforumsakenetwerk.co.za/skolekuns/.

Soortgelyke plasings