AfriForum se Randfontein-buurtwag beveilig gemeenskap


Lede van die AfriForum-buurtwag in Randfontein het die afgelope naweek in samewerking met die SAPD patrollie gery waartydens verskeie arrestasies uitgevoer is.

“Hierdie patrollie het sigbaarheid in die gebied verhoog ten einde misdadigers af te skrik. Verskeie vermeende motordiewe is aangekeer en aan die polisie oorhandig,” sê Derrick Erasmus, voorsitter van AfriForum se Randfontein-buurtwag.
“Die buurtwag het ook die naweek die terrein rondom die Randfontein-skougronde gepatrolleer om te verseker dat die gemeenskap die Randfontein Skou kan geniet sonder om hulle oor misdaad te bekommer,” aldus Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak.
“Buurtwagte bied bystand aan die polisie en help om die gemeenskap te beveilig. Ons sal voortgaan om verantwoordelikheid vir ons eie veiligheid te neem,” meen Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Gemeenskapslede kan by hul plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke raak deur die woord “Buurtwag” na 45342 te SMS (R1), óf ’n e-pos na dewet.ungerer@afriforum.co.za te stuur.

Soortgelyke plasings