AfriForum se Roodepoort-buurtwag hou eerste massapatrollie vir 2019


AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op Vrydag 25 Januarie hul eerste maandelikse misdaadvoorkomings- en massapatrollie vir 2019 gehou. Die Fairland SAPD; die gemeenskappolisiëringsforum (GPF) van Honeydew, Sophiatown en Florida; National Security & Fire; en SCP Sekuriteit het ook aan dié patrollie deelgeneem.

Die groep van 54 lede het in Fairland bymekaargekom en in Fairland, Sophiatown, Florida, Roodepoort en Honeydew gepatrolleer. Geen voorvalle is tydens dié patrollie aangemeld nie en al die lede is ywerig om hierdie patrollies ’n maandelikse instelling te maak.

“Die sukses van misdaadvoorkomingspatrollies hang grootliks van die gemeenskap se betrokkenheid af – hoe meer mense deelneem, hoe groter die impak. Dit is ’n voorreg om te bevestig dat dit wel hier in Roodepoort die geval is,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou plaaslike buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings