|

AfriForum se Springbok-tak knap begraafplaas op

Die AfriForum-tak in Springbok het in Julie die plaaslike begraafplaas opgeknap as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. Die tak het ’n aantal boomtakke afgesny wat oor die grafte hang en onkruid verwyder wat die grafte versuur. Agt groot sleepwa-vragte vol rommel en tuinvullis is verwyder.

Die begraafplaas is meer as 20 jaar laas skoongemaak en beveilig. Die Springbok-tak het ook tien drie meter hoë pale aan die munisipaliteit geskenk om die heining te herstel en te vervang op plekke waar dit deur vandalisme gesny of gesteel is.

“Die tak doen uitstekende werk in die gemeenskap en dit is wonderlik om te sien watter groot verskil hulle maak,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Sarel Stone, voorsitter van die Springbok-tak, wil ook die publiek aanmoedig om by projekte soos hierdie betrokke te raak en donasies te maak sodat projekte soos dié volhoubaar gedryf kan word.

Raak vandag nog deel van hierdie tak en help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Springbok” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings