|

AfriForum se Walker Drive-buurtwag trek inbreker vas

AfriForum se Walker Drive-buurtwag in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) het op 19 September ’n inbreker in samewerking met Extreme Security en Atlas Security vasgetrek.

Die buurtwag het omstreeks 16:07 op een van die veiligheidsgroepe ’n noodroep ontvang van ’n huisbraak. Een van AfriForum se patrolleerders het die verdagte opgemerk en kon daarin slaag om hom vas te trek. Die verdagte is op die toneel deur die Kabega Park-SAPD gearresteer en weggeneem.

“Ons is dankbaar vir die goeie samewerking wat ons met die verskillende veiligheidsrolspelers in Gqeberha het. Dit help ons om ’n daadwerklike verskil in ons gemeenskap te maak,” sê Wikus van der Walt, distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

“As gevolg van die patrolleerder se vinnige optrede en om die nodige rolspelers te skakel, kon die verdagte suksesvol arresteer word. Dit is belangrik dat gemeenskapslede inskakel by hul plaaslike AfriForum-buurtwag,” sê Hannes Oosthuizen, leier van AfriForum se Walker Drive-buurtwag.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: Klik hier vir inligting.

Soortgelyke plasings