|

AfriForum se Ventersdorp-tak maak dorp netjies

Die AfriForum-tak in Ventersdorp het die oorgroeide sypaadjies in verskeie strate in die dorp die stryd aangesê. Die sypaadjies in Mark-, Carmichael-, Berg-, Grey-, Spruit-, Angelier- en Cochranestraat sowel as die in Ysselweg lyk al stukke beter. 

Die tak het ook ’n kettingsaag aangekoop en gaan nou die bome wat die motorist se sig belemmer en ’n veiligheidsrisiko is begin af saag. Die tak doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te ondersteun met brandstof (95 oktaan) vir die masjiene. Hulle bedank ook die mense wat reeds bygedra het.

“Ek is trots daarop dat Ventersdorp se tak hand uitsteek om ’n verskil in die dorp te maak. Die verval is groot en as die gemeenskap nie self hand aan die ploeg slaan nie, gaan niks verander nie. Ek doen werklik ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak, op welke manier ookal,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

SMS “Ventersdorp” na 45344 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings