|

AfriForum se Vredendal-tak kies nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Vredendal het op 9 Desember ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer het.

Gedurende hierdie vergadering het gemeenskapslede die geleentheid gekry om insette te lewer en individue te nomineer vir bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Daar is ook verskeie bekommernisse oor die gebied bespreek en die nuwe bestuur sal aandag aan hierdie kwessies skenk.

Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Eric van Zyl (voorsitter), Martin Nelson (ondervoorsitter), Amanda Visagie (tesourier en sekretaris), Wilco Engelbrecht (gemeenskapsveiligheid), Johan Spamer (plaaslikeregeringsake), Alro van der Spuy (omgewingsake) en Evette van Zyl (projekte).

Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland, het die gemeenskap vir hul insette tydens die vergadering bedank, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien.  “Die nuwe bestuur is vuur en vlam om die gemeenskap se belange op die hart te dra en praktiese oplossings vir uitdagings wat die gemeenskap in die gesig staar te vind.”

Die takbestuur moedig die gemeenskap aan om vandag nog by dié tak betrokke te raak en deel van die oplossing te word: SMS “Vredendal” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings