|

AfriForum se Walker Drive-buurtwag trek kabeldief vas

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het onlangs tydens ’n algemene patrollie op die N2 daarin geslaag om ’n kabeldief vas te trek.

’n Buurtwaglid het ’n verdagte persoon opgemerk wat besig was om kabels te steel en het dadelik hulp ontbied. Extreme Sekuriteit het reageer en gehelp om die verdagte aan te keer. Die verdagte is aan die SAPD oorhandig.

Hannes Oosthuizen, voorsitter van AfriForum se Walker Drive-buurtwag, meen dat suksesse soos dié wys dat hierdie buurtwag suksesvol is in hul pogings om misdaad te bekamp. “Misdadigers moet weet dat hulle geen plek in ons gemeenskappe het nie en dat ons nie sal huiwer om saam te staan teen misdaad nie.”

“Ons moedig gemeenskappe aan om by hul plaaslike buurtwagstrukture betrokke te raak en sodoende na hul eie veiligheid in samewerking met veiligheidsdienste in hulle areas om te sien,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Sluit by jou naaste buurtwag aan by www.afriforumbuurtwag.co.za.

Soortgelyke plasings