|

AfriForum se Zeerust-buurtwag handhaaf hoë sigbaarheid

Die AfriForum-buurtwag in Zeerust het ’n aktiewe Februarie-maand gehad en het altesaam 204 patrollies gery om sigbaarheid in die dorp te verhoog en misdaad hok te slaan.

Die buurtwag het die polisie ook bygestaan om ses verdagtes vas te trek wat uit die plaaslike gevangenis ontsnap het. Ander suksesse sluit in die voorkoming van twee huisinbrake en een poging tot kabeldiefstal.

“Hierdie suksesse is te danke aan die pro-aktiewe optrede van die Zeerust-buurtwag. Die hoë sigbaarheid van die buurtwag verminder die kanse van misdaadpogings in hul area. Ons is baie dankbaar teenoor die AfriForum-buurtwag in Zeerust wat van krag tot krag groei,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Die Zeerust-buurtwag stel ’n goeie voorbeeld van die sukses wat bereik kan word as die gemeenskap saamstaan en proaktief optree. Hierdie suksesse is weereens ’n bewys dat AfriForum se spesialisopleiding, toerusting, plaaslike en nasionale radionetwerke en samewerking met ander rolspelers uiters suksesvol is,” sê Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek.”

“Ons is dankbaar vir elke lid wat hul tyd opoffer om ’n verskil te maak. Ons doen verder ’n beroep op lede van die gemeenskap om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sê Pierre van der Walt, buurtwag leier van AfriForum se Zeerust-buurtwag.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Zeerust-buurtwag: SMS “Zeerust” na 45344 (R1) of skakel vir Van der Walt by 082 569 8564.

Soortgelyke plasings