|

AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston

“Jy kan nie net kla oor politiek, plaasmoorde of die droogte in ons land en niks doen nie. Waar jy kan, moet jy ’n bydra lewer. Ons moet almal saamstaan.”

Só meen Carel Joubert, een van verskeie AfriForum-lede wie se reusebydrae tot die noodfonds dit vir die burgerregte-organisasie moontlik gemaak het om 42 ton voer aan boere in die droogte¬geteisterde Williston-distrik te skenk.

Die voer, wat by Weideman Voere in Jacobsdal aangekoop is, is by die Williston-skougronde uitgedeel word. “Ons is dankbaar vir al die skenkings wat lede van die publiek gemaak het om ons in staat te stel om hierdie boere te help”, meen Deon de Jager, projekbestuurder van die Williston-droogtehulpprojek.

Soortgelyke plasings