|

AfriForum skenk vars groente en vrugte aan Huis Theresa

AfriForum se Vaalharts-tak het onlangs ’n aansienlike skenking van vars groente en vrugte aan Huis Theresa, ’n ouetehuis in Hartswater, gemaak. Die tak het aartappels, uie, wortels, tamaties, komkommer en appels by ’n plaaslike supermark aangekoop en aan die tehuis oorhandig.

“Die skenking is goed ontvang deur die matrone van die ouetehuis, wat haar dank aan AfriForum uitgespreek het vir hul vrygewigheid. Dit is geen geheim dat ouetehuise dikwels finansiële uitdagings in die gesig staar nie. Enige vorm van hulp word altyd waardeer,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

“Die skenking van vars groente sal baie help om te verseker dat die inwoners van Huis Theresa ’n gebalanseerde en voedsame dieet ontvang. Vars produkte is nie net propvol noodsaaklike vitamiene en minerale nie, maar dit dra ook by tot die algehele welstand en geestesgesondheid van mense.”

Soortgelyke plasings