AfriForum stel gedetailleerde verslag bekend oor die omvang en blywendheid van rassewette in Suid-Afrika

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n verslag vrygestel oor die mees blatante voorbeelde van die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminerende wetgewing. Die verslag ontleed en kritiseer regstellendeaksiebeleide, verder word daar ook besonderhede gegee oor die verband tussen rassediskriminerende wetgewing en korrupsie. Laastens bied AfriForum se verslag antwoorde op die vraag: wat het die regering se wetgewing en beleid, wat op grond van ras diskrimineer, bereik?

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, het vandag met die bekendstelling van die verslag saam met die skrywer van die verslag, Johan van der Merwe, die inhoud daarvan bespreek en vrae beantwoord. Van Zyl het beklemtoon hoe die vlaag van openbare mening die afgelope paar jaar teen die ANC se ras-obsessie gedraai het, terwyl Van der Merwe die omvang van die skade wat die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminerende wetgewing aangerig het, beklemtoon het.

“Suid-Afrika het ’n groot sistemiese rassisme kwessie in die vorm van swart ekonomiese bemagtiging en die ANC se groeiende lys rassewette. Dit moet ook nie ‘omgekeerde rassisme’ genoem word nie, dit is bloot rassisme. Rassediskriminerende wette was in die verlede verkeerd, en dit is ook in die hede verkeerd,” gaan Van Zyl voort.

“Nou dat rassewette in die 21ste eeu steeds voortduur, soos AfriForum se verslag toon, is dit hoog tyd vir die beëindiging van hierdie afskuwelike praktyke en dat die gryp van strooihalms om dit te probeer regverdig, onmiddellik ophou,” sluit Van Zyl af.

Lees die verslag hier

Soortgelyke plasings