|

AfriForum stig buurtwag in Jeffreysbaai

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 23 Februarie 2022 ’n buurtwag in Jeffreysbaai gestig. David Du Raan sal die buurtwag lei met Fred Vermaak, Tertius Lombaard, en Paul Eloff wat op die bestuur van die buurtwag sal dien.

Volgens Du Raan kan die beveiliging van ’n gemeenskap nie in silos bedryf word nie en AfriForum se Jeffreysbaai-buurtwag sluit hom hiermee aan by ’n netwerk van ander AfriForum veiligheidstrukture. Du Raan nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak by AfriForum se veiligheidstrukture en bedank ook bestaande lede vir hul onbaatsugtige betrokkenheid en bydrae.

“AfriForum glo daarin dat alle veiligheidsrolspelers moet saam werk aan ’n gemeeskaplike doel en ons vat graag hande met die groter gemeeskap van Jeffreysbaai en omliggende areas om dit te beveilig. Goeie opleiding is krities om buurtwaglede toe te rus met die nodige kennis om met selfvertroue te kan optree asook om goeie besluitneming aan die dag te lê. Ons sal dus spoedig met opleiding afskop,” sê David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Raak vandag by AfriForum se Jeffreysbaai-buurtwag betrokke: SMS “Jeffreysbaai” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings