|

AfriForum stig Garsfontein-tak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 22 Maart ’n splinternuwe tak gestig. Die Garsfontein-tak sluit Faerie Glen ook in. Dit volg nadat daar uit verskillende oorde navraag van AfriForum-lede vir ’n tak in die area was.

Die takstigting het by Valleisig Nederduitse Gereformeerde Kerk in Faerie Glen plaasgevind, tydens die vergadering is daar uitgebrei oor die rol wat AfriForum-strukture in gemeenskappe speel en idees vir projekte in die omgewing wat van stapel gestuur gaan word is ook bespreek.

Die nuutverkose bestuur vir dié tak is: Stef Potgieter (voorsitter), Fanus Johnson (ondervoorsitter), Deon Smidt (tesourier), Hans Lombard (sekretaris), Kobus Morgan (projekte) en Josua Du Toit (Jeug en Sport).

“Dit is ’n voorreg om nuwe takke in gemeenskappe op die been te bring. AfriForum is bewus van al die bestaande strukture in die omgewing en sal poog om met elke struktuur, organisasie en onderneming hande te vat om die vooruitgang in die gemeenskap te bevorder,” sê Dewet Ungerer, distriksoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

AfriForum moedig die gemeenskap aan om by hul plaaslike organisasies en strukture betrokke te raak om te verseker dat die buurte van Garsfontein en Faerie Glen ’n prag gemeenskap bly.

“AfriForum se Garsfontein-tak se bestuur is reeds met beplanning besig vir projekte in die area en sal met die gemeenskap oor dié projekte kommunikeer,” sluit Ungerer af.

Raak vandag nog betrokke deur ’n e-pos aan dewet.ungerer@afriforum.co.za te stuur met “Garsfontein” as verwysing, of volg AfriForum se Garsfontein-tak op hul Facebook-blad.

Soortgelyke plasings