|

AfriForum stig tak in Brandfort

AfriForum het op 26 Augustus 2022 in Brandfort ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens ’n nuwe tak gestig is. Die gemeenskaplede kon insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die bestuur bestaan uit: Ruhan Maree (voorsitter), dr. Andre du Toit (ondervoorsitter), Ina  Beukes (tesourier), Kobus Linde (sekretaris), Johan Swanepoel (plaaslikeregeringsake), Piet Strydom (omgewingsake), Jaendre van Jaarsveld (jeug), Alida van Zyl en ds. Ferry Loots (projekte) en Frans Postumus (ad hoc raadgewende konsultant).

Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, bedank die gemeenskap vir hul insette tydens die takstigting, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. As die gemeenskap saamstaan en hard werk, kan hulle ’n beter omgewing en toekoms vir almal skep.”

Die bestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Brandfort” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings