|

AfriForum stig tak in Oos-Londen

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 22 Maart ’n tak in Oos-Londen gestig tydens ’n gemeenskapsvergadering.

Die bestuur bestaan uit Dave Nettle (voorsitter), Willie Oosthuyzen (ondervoorsitter), Byron Petzer (sekretaris), Ronnie Saayman (tesourier), Ian Hein (veiligheid), Rowan Deysel (omgewingsake), Juan Claasen (jeug), Benedict van der Byl (plaaslikeregeringsake) en Risna Rossouw (projekte en werwing).

Tydens dié vergadering het David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap, die organisasie se model voorgehou. Hy het ook uitgebrei oor AfriForum se veiligheidsplan en -strukture, asook die voordele daaraan verbonde om hierdie twee aspekte in plek te hê. Dit sluit geakkrediteerde opleiding, toerusting, ’n nasionale netwerk en waardevolle ervaring in.

Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak.

“Ons sien uit daarna om talle selfdoen-projekte van stapel te stuur en om sodoende die gemeenskap te dien sowel as om hulle meer weerbaar te maak,” sê David Nettle, voorsitter van die Oos Londen-tak.

Om betrokke te raak by AfriForum se Oos London-tak SMS “Oos-Londen” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings