|

AfriForum stig tak in Paarl

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op  20 Julie 2022 ’n tak in die Paarl gestig nadat talle inwoners in die dorp hul behoefte vir die stigting van ’n AfriForum-tak uitgespreek het.

Die bestuur  bestaan uit Jaco Prins (voorsitter), Erna Scheepers (sekretaris), Wena Bartie (tesourier) en Rehan Kruger (veiligheid).

“Die gemeenskap het AfriForum genader en die behoefte aan ’n tak uitgespreek. Hulle is van mening dat AfriForum hoofsaaklik op die gebiede van gemeenskapsveiligheid en omgewingsake ’n verskil kan maak,” sê Johan Crous, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

“Die nuutgestigte tak wil graag die gemeenskap by hul projekte betrek en gaan onder meer daarop fokus om samewerking met plaaslike owerhede en rolspelers te bevorder. Hulle gaan ook nie skroom om self moue op te rol om probleme uit die weg te ruim nie,” sê Crous.

Die Paarl-tak moedig die gemeenskap aan om by AfriForum betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Paarl” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings