| |

AfriForum-tak in Klerksdorp voltooi tweede fase van die #OnsDorp-projek in Doringkruin

Die AfriForum-tak in Klerksdorp en die Doringkruin-buurtwag het  op 16 Julie die tweede fase van hul #OnsDorp-projek afgehandel deur Murantiweg netjies te maak, die gras te sny en bome te snoei. Die bome in die area vanaf Soetdoringlaan tot by Boekenhoutweg is ook gesnoei en vullis is verwyder.

Die #OnsDorp-projek se sukses is afhanklik van steun vanaf die gemeenskap, almal moet saamwerk om ’n skoon en veilige omgewing te skep. Dit is duidelik dat die plaaslike munisipaliteit nie hul basiese pligte kan of wil nakom nie en hoewel die plaaslike AfriForum-takke voortdurend druk sal toepas op die munisipaliteit kan gemeenskappe intussen nie net terugsit en wag dat iets moet gebeur nie.

Frans Roos, die voorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp, bedank al die lede en borge wat bydraes lewer met hierdie aksies. Roos vind dit egter betreurenswaardig om te sien hoe die inwoners tuin- en ander vullis stort. “Dit is ’n kriminele oortreding om vullis te stort. Daar is ’n versoek aan die buurtwag gerig om deur die kamera moniteringsisteem inligting van onwettige stortings deur te gee. Inwoners kan ook rommelstortings deurgee deur foto’s te neem en aan ons te stuur. Formele klagtes sal ingedien word indien daar genoegsame bewyse is,” sluit Roos af.

Die inwoners van Doringkruin sal in kennis stel word wanneer die volgende fase aangepak word. Besighede en organisasie is welkom om ’n gebied af te baken waarvoor hulle in die toekoms verantwoordelik sal wees.

Inwoners wat wil deelneem of ’n bydra aan die #OnsDorp-projek wil lewer kan Frans Roos kontak by 083 378 8826.

Word deel van die oplossing: SMS Klerksdorp na 45344 (R1)

Soortgelyke plasings