AfriForum stig tak in Senekal


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 16 November 2017 ’n tak in Senekal gestig. Dit spruit uit gemeenskapslede se behoefte om swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié dorp aan te pak.
Die takbestuur bestaan uit Mike Odendaal (voorsitter en hoof van gemeenskapsveiligheid), Dolf Potgieter (ondervoorsitter en hoof van omgewingsake), Jacques Botha (tesourier en hoof van jeug), Elanza Botha (sekretaris) en Marius Lubbe (hoof van plaaslikeregeringsake).

“Na afloop van ’n suksesvolle verkiesing is ons vol vertroue dat ’n sterk bestuur verkies is en ons sien uit na die projekte wat hulle in 2018 gaan aanpak. Elke lid van die bestuur is ook verkies as die hoof van ’n portefeulje ten einde die werksaamhede van die tak doeltreffend te verdeel,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die sentrale streek.

’n Tak word versterk deur die aantal lede wat daarvan deel vorm en AfriForum doen daarom ’n beroep op die gemeenskap om by hierdie tak aan te sluit en ’n verskil in hul gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings