|

AfriForum-strukture span saam om gemeenskappe te beveilig

Die AfriForum-tak in Benoni het op 29 Oktober 2021 ’n massapatrollie van stapel gestuur saam met ander rolspelers in Benoni en Edenvale. Hierdie patrollie is gereël om sigbaarheid in woongebiede te verhooh en ook om by groot gevaarlike kruisings sigbaar te wees.

64 patrolleerders het altesaam 238 km in 233 manure gepatrolleer. 16 lede van dié lede is deel van AfriForum se Edenvale-buurtwag en instansies soos 4Warn Security, CMS Security, PHS Supercops security en NoJack Anti-hijacking het ook aan die patrollie deelgeneem.

Die patrolleerders het hulp verleen by ’n motorongelukstoneel by die Putfonteinafdraai, in twee afsonderlike gevalle is arrestasies onderskeidelik vir motorinbraak en onwettige betreding uitgevoer. Die patrolleerders het ook hulp verleen toe geweld by ’n kroeg uitgebreek het.

“Die bostaande is ’n suksesverhaal wat nie sonder die samewerking tussen buurdorpe en verskeie rolspelers in Benoni en Edenvale kon plaasvind nie. Dit is beslis ’n wenresep om te weet wat jou buurman se sterk- en swakpunte is en om daarvolgens hulp aan te bied,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Oos-Rand.

Ungerer voeg by dat die AfriForum-strukture slegs so sterk is soos die gemeenskappe waarin hulle funksioneer. Daarom moedig hy alle gemeenskapslede aan om by enige georganiseerde struktuur betrokke te raak.

Raak vandag nog by die plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur na Benoni@afriforumtak.co.za, of edenvale@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings