AfriForum-tak omhein Groot Trek-herdenkingsmonumente in Vryburg


AfriForum se Vryburg-tak het die Groot Trek-herdenkingsmonumente op dié dorp omhein. Hierdie monumente is tydens die 100 jaar- en 150 jaar-herdenking van die Groot Trek opgerig waartydens wawielspore ook in sement vasgevang is.
Dr. Dries Smit, lid van dié AfriForum-tak se kultuur- en erfeniskomitee, is opgewonde oor die omheining van die monumente.

“Die tak beplan ook verdere opgraderings aan die monumente self.”

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, is dit noodsaaklik dat die gemeenskap self hul erfenis vir hul nageslagte bewaar.

“As ’n mens nie weet waar jy vandaan kom nie, sal jy nooit weet waarheen jy op pad is nie.”

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Vryburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings