|

Noord van die berg-tak begin met slaggatprojek

AfriForum se Noord van die berg-tak het op 4 Junie begin om slaggate op te vul en het ongeveer 750 kg teer gebruik.

Areas waar die slaggate opgevul is, is by die Madelief Shopping Centre, Bokmakieriestraat, Waterbokstraat, Kanariestraat, Graffenheimstraat, Francoisstraat,  Generaal Beyersstraat, Genl. De Wetstraat en by die stadsaal.

Die Noord van die berg-tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by hierdie projek. Inwoners kan fisies help om slaggate te vul of donasies maak in ’n poging om die noorde van Pretoria slaggatvry te maak.

“Ek wil graag ’n beroep op elke inwoner in die noorde van Pretoria doen om by hierdie tipe projekte betrokke te raak. Saam sal ons ’n verskil kan maak. Instansies wat hande wil vat met hierdie AfriForum-tak is ook baie welkom, want selfdoen is beter as niksdoen,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Baie dankie aan al die vrywilligers en die DA wat kom help het op die dag. Saam kan ons ’n reuseverskil maak,” sê Quinten Meyer, ’n lid van die Noord van die berg-tak.

Die tak sit soortgelyke projekte voort. Kontak Meyer by 082 304 8985 om betrokke te raak by die projekte. SMS “Zambesi” na 45340 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings