AfriForum-tak in Witbank herstel slaggate


AfriForum se Witbank-tak het verlede week fase twee van hul slaggatprojek geloods. Die tak het hiertydens, met die hulp van Homefront Trading, ’n plaaslike kontrakteur, ongeveer 37 m2 se slaggate in Plumerstraat voor die NG Kerk Witbank-Suid herstel.
Gedurende fase een het die tak ongeveer 42 m2 se slaggate herstel.

“Ons gemeenskap kan nie meer terugstaan en kyk hoe ons dorpe agteruitgaan nie. AfriForum sal gedurende die jaar soortgelyke projekte in Witbank aanpak en sodoende die gemeenskap bystaan om te verseker dat die dorp se toestand nie verder versleg nie,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“AfriForum se Witbank-tak is hier om ʼn positiewe verskil in ons dorp te maak. Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en te help om ʼn verskil in ons dorp te maak,” sê Alf Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings