|

AfriForum-takke en SAPD verhoog sigbaarheid in Stellenbosch

Die AfriForum-tak in Stellenbosch het op 23 November 2021 saam met die omliggende AfriForum-strukture en SAPD patrollie gery en het ook hul eerste oefening gehou.

Hierdie oefening het ingesluit effektiewe radio- en tradisionele kommunikasie, samewerking en rolverdeling in beide landelike en stedelike gebiede tussen rolspelers, lugsteundienste en scenario spesifieke regsaspekte. Deurlopende opleiding sal plaasvind om hierop te bou.

AfriForum se Kaapstad-Noord-, Kraaifontein-, Strand- en Helderbergkom-tak sowel as die SAPD was by dié aksies betrokke.

“Die doel van die samewerking was om groter sigbaarheid in Stellenbosch te bewerkstellig en ook om groter samewerking tussen die AfriForum-takke en die SAPD te bewerkstellig. Hierdie dien ook as die eerste van baie oefeninge om seker te maak as brande of onluste in ons areas ’n uitdaging word dat ons reeds effektief saam met ander AfriForum-takke en die SAPD kan saamwerk tot voordeel van die breër gemeenskap,” sê Jac Pietersen, bestuurslid van AfriForum se Stellenbosch-tak.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak of -buurtwag betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos aan johardt.vanheerden@afriforum.co.za of SMS “OnsSalSaam” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings