AfriForum verwyder vullis in Secunda wat onwettig gestort is


Die AfriForum-tak in Secunda het op 9 Mei 2017 rommel verwyder wat onwettig voor die FNB in Evander gestort is.
Dít volg nadat een van die taklede op sosiale media van die onwettige storting bewus geword het. Die tak beplan ook om dié onwettige storting verder te ondersoek en indien moontlik kennisgewingborde op te rig wat mense verbied om rommel te stort.

“Die AfriForum-tak is hier om die gemeenskap by te staan en ’n verskil te maak. Ons doen daarom ’n beroep op die gemeenskap om ons by 084 598 3945 te kontak as soortgelyke probleme opduik,” sê Hennie Pretorius, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak.
“AfriForum se selfdoenaksies maak ’n positiewe verskil in ons dorpe. Ons kan nie terugstaan en niks doen terwyl ons gemeenskappe agteruitgaan nie. Soortgelyke projekte sal deur die loop van die jaar geloods word,” beaam Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings